HERBERT SQUASH

Theunis het middel Junie sy Herbert Squash geplant en wou ‘n toets doen met GuanoBoost op ‘n gedeelte van hierdie blok van 1,5 ha. Nadat hy die Peppers-video in Junie gesien het wat op 100% organiese GuanoBoost-ryp temperature oorleef het, het Theunis van plan verander en besluit om die hele blok met GuanoBoost te bemes.

Silver Creek Farm is in Lows Creek, in die laeveld van Mpumalanga geleë. Hulle het rekord lae temperature regoor die streek ontvang einde Junie en Julie, direk nadat Theunis sy Squash-oes geplant het.

Theunis het besluit om GuanoBoost toe te dien deur middel van drupbemesting sowel as blaarbespuiting en dit op ‘n weeklikse basis te roteer, a.g.v. twee koue fronte wat die streek binne 5 weke getref het. Theunis se gewasse het nie net oorleef nie, dit het in so ‘n mate floreer dat die blom tydperk ‘n volle 2 weke vroeër plaasgevind het!

Normaalweg produseer sy Squash-gewasse 3 tot 4 lote per plant, maar met GuanoBoost het hulle gemiddeld 5 lote per plant geproduseer. Dit is ‘n toename van minstens 30% in die gewasopbrengs, met die ekstra bonus dat sy oessiklus met die vroeë blom, met 20% gestyg het.

Theunis het hierdie ongelooflike resultate behaal deur sy konvensionele kunsmisprogram heeltemal uit te skakel en slegs 100% organiese GuanoBoost toe te dien. Op hierdie manier het hy meer as 75% op sy konvensionele chemiese kunsmis koste gespaar.

Theunis skat dat die omset op hierdie blok met 50% sal toeneem omdat hy na GuanoBoost oorgeskakel het.

Theunis het reeds die besluit geneem om al die gewasse op die plaas slegs met 100% Organiese GuanoBoost misstof te voed, en is vol vertroue dat hy die totale inkomste van Silver Creek Farm met minstens 60% sal verhoog!

Nie net verhoog Theunis sy oessiklus, opbrengs en omset nie, hy bewaar ook sy grond vir toekomstige geslagte.

GuanoBoost – Hoër opbrengste. Gesonder gewasse en die beskerming van die grond vir toekomstige generasies.

Scroll to Top

quick
contact

Contact us today for any questions, queries or comments. We would love to hear form you.